by my webwerf

Hierdie jong opkomende kunstenaar met sy unieke styl en energieke verhoogpersoonlikheid se sangloopbaan het begin op die ouderdom van 8 jaar toe hy ingeskryf is vir ‘n Mini Idol kompetisie wat gehou is by die Geelstertfees te Struisbaai in 2002. Hy het hierdie kompetisie, wat deur Nina Swart aangebied was, gewen. Ek het 2009 weer by hierdie fees opgetree waar ek my loopbaan begin het en die groeiproses was die moeite werd.

My voorkeur om te “Rock “ in my taal, het my reeds in verskeie kompetisies podium sukses in die Afrikaanse kategorie laat behaal. Dit mag klink of ek roem maar nee, uit myself is ek niks maar deur HY wat my die krag en talent gee is ek tot als in staat.

Ek het reeds heelwat voorprogramme vir van ons groter reuse behartig soos Nadine, Nicholis Louw, Steve Hofmeyer, Wicus van der Merwe, Shine 4, Kurt Darren, Arno Jordaan en Minki van der Westhuizen – hierdie was vir my ‘n groot voorreg en ek het baie by hierdie rolmodelle in my lewe geleer deur hul fyn dop te hou, maar op die einde is dit wat JY self daarvan maak

Dit het deel van my lewe geword om mense vanaf die verhoog te vermaak en ek geniet dit terdeë tussen oud en jonk en ek tref geen onderskeid.. ek tree ek gereeld by feeste en funksies op. Dit was dan ook my hartsbegeerte om ‘n cd uit te bring en in Jan 2007 toe ek slegs 11jr oud was, bring ek my eerste demo cd uit nl. "Waenhuiskrans" wat deur Johan Groenewald opgeneem en verwerk was ... Lees meer


02 - 07 April 2012
KKNK – Huisgenoot Musiekplaas:

5 April - Brians Grill - 17h00
6 April - Lemon & lime - 13h00
6 April - Kuiertuin KKNK - 23h00 - 24h00
7 April - Brians Grill - 12h00
7 April - Kuiertuin KKNK - 15h30 - 16h00

12-13 Julie 2012
Bloemfontein Vryfees:

11 Julie - Bloemfontein Vryfees - 16h00
12 Julie - Bloemfontein Vryfees - 15h00
13 Julie - Bloemfontein Vryfees - 13h00

29 Sept 2012
Zebra fees
 
Tuisblad | Bio | Musiek | Foto's | Optredes | Bespreek
VIND
my op:
Webtuiste geborg deur:
Hitrcon Hemc PTY (LTD).
Bay Studio - Deon du Toit
deonstudio@gmail.com
Copyright © Luhann 2011 | All Rights Reserved | Designed & Maintained by: VENUSION